Kleindogtertjie droom
Gedurende die laaste twee weke het ek besef hoe vinnig ek 'n droom vir realiteit verruil. Ek moes stil staan en besef dat die ruil van droom vir realiteit, gestalte gevind het in seer en vinnig groot word. Iewers moes die tiener in my plek maak vir die verantwoordlikhede van 'n volwassene. Die betaal van rekeninge nog voor ek geweet het 'n kar se bande het loopvlakke....
Die seer het my hart, hard gemaak vir dit, wat my moes vrou maak. Dit wat ander meisies met soveel oorgawe vertel, beleef en ervaar het, het ek bestempel as cliche, goedkoop, emosionele, tydmors twak.
Tot ek op 'n Donderdagmiddag die vrede in 'n vriendin se oe gesien het...Toe het dit begin sin maak.
Iewers gedurende hierdie laaste 10 jaar van holderstebloder vrou word, was dit makliker om die fyner dinge van vrou wees opsy te stoot in 'n wereld waar ek dit moes maak... en self moes baklei vir dit waarmee soveel ander net in hul pa se arms ingehardloop het. Dit was makliker om blomme en maanligetes en "girls nights" af te maak as tydmors as om die leemte in my te face en die verwardheid te konfronteer. Ek sal seker nooit die tiara op die kop Ester vrou wees nie, want dit is nie wie ek is nie...EN cliche maak my naar... Maar ek is vandag in my hart oortuig elke vrou is 'n bos blomme en 'n uit die bloute sms "ek is lief vir jou" werd. Elke vrou het nodig om dit te hoor. Elke vrou het nodig om te weet dat die ridder wat jou gekies het, jou -" tiara of te not" bo die res uitsonder.
Ek besef net vandag - ons as vrouens het so baie om te gaan terug vat. Ons het nodig om ons te ontferm oor die feminis - want daar is 'n rede. Ons het nodig om te luister na wat agter daardie masker is waar'n klein dogtertjie skuil wat begeer om in 'n pienk rok rond te draai. Ons het nodig om tyd te spandeer saam met die "koekiedrukker" vrou wat smag om weg te breek uit roetine. In elkeen van ons is .. meer as dit wat beskawing jou wil afmaak om te wees. Selfs die "los" meisie wat jou ou afgevry het, het jou drukkie nodig....
Ek het 'n begeerte om te sien hoe elke vrou in die gemak van wie sy is, kan funksioneer. Of dit dan nou is om te gaan draf in die reen...of drie kinders groot te maak.
Ons is geskape om kleur te stooi. Ons is geskape om die "suitable helper" te wees. En dit is nie net 'n rol van mooi lyk, lekker ruik en gewig verloor nie....dit is soveel meer. Maar in dit is ek nog opsoek na waarheid....in dit besef ek ons IS geskape om God se" gentleness" te openbaar. Ons is veronderstel om Sy hartklop en emosie te ervaar...wat soms beteken dat ons nie prakties of logies hoef te wees nie..
Comments